



ALMA SE ANYSBESKUIT
Gister weer lekker anysbeskuit gebak. Heerlik.
Anysbeskuit:
Meng saam:
2,5 kg koekmeel
500 ml suiker
20 ml sout
2 boksies anys
2 ½ pakkies kits suurdeeg (25 g)
Klits vloeistowwe saam:
500 ml melk
500 ml louwarm water
2 eiers
Smelt:
400 g margarien
Maak holte in meelmengsel, giet die vloeistof mengsel in en dan die gesmelte margarien.
Knie baie goed tot lekker gladde deeg.
Maak warm toe en laat rys tot amper dubbel die volume.
Maak bolletjies en pak in 3 gesmeerde panne.
Bak ± 70 – 90 min by 160°C tot gaar.
Foto en resep: Alma Bredenkamp Meyer






