


SJOKOLADE PANKOEK-TERT
Meng ½ koppie kakao met 1 koppie kookwater, 1 teelepel vanilla geursel en ½ koppie kookolie. Laat afkoel.
Klits 3 eiers en 1 ½ koppie suiker.
Voeg kakaomengsel by.
Sif 2 koppies koekmeel, 3 teelepels bakpoeier en ‘n ruim knippie sout saam.
Voeg die kakaomengsel by meelmengsel.
Skep beslag in ‘n groot gesmeerde/gespuite pyrex bak.
Bak vir 30 minute teen 180°C.
Maak solank die sous.
Meng die volgende saam in ‘n kastrolletjie:
1½ koppie suiker
1½ koppie water
1 teelepel vanilla geursel
3 teelepels poeierkoffie
Laat dit net opkook.
Giet die sous oor die koek as dit uit die oond kom. Laat heeltemal afkoel.
Smeer gekookte kondensmelk oor die koek en versier met room en flake.
Bron: ATKV-Dames Despatch Resepteboek 1999
Foto: Wayne Dugmore, Sweeny Thorne, Ronell Muller Boshoff







Sweeny Thorne
We’re snowed in on our farm in the Drakensberg and I had a craving for something chocolatey. With limited ingredients this is a delicious cake/pudding. Will be on by favourite list – to serve with cream next time.