

MAUREEN SE AARTAPPELGEREG
Ons begin met 4 lekker groot aartappels, kook hulle tot net sag in n pot met sout water
Dan sny ons al die kleure green peppers, met ui en bacon lekker fyn en braai in pannetjie tot net net gaar
Dan vat ons vars room so 750ml met n knippie sout, 4tl mazina of koekmeel, n knypie peper en mixed herbs
Dan sny ons die aartappels in kwarte en pak rond en bont in n gesmeerde oondvaste bak (oond moet voorverhit wees op 180 grade C) dan skep ons die uie, greenpepper en bacon mix oor die aartappeltjies gooi die room mengsel oor en bak vir so 10minute op 180 grade C tot gestol dan vat ons lekker gerasperde kaas en strooi mildelik (nie vir die wat gewig dophou nie ne) oor die baksel, dan sit ons die oond op grill en bak tot kaas gesmelt os en lekker bruin is bo! Heerlik!!
FOTO EN RESEP: Maureen Murphy






