

MAMMA SE BRUINPOEDING
Bron en foto: Yvonne Jerling
FOOD LOVERS RECIPES
½ koppie appelkooskonfyt, gesmelt
1 eetlepel koeksoda
½ koppie margarien/botter
1 ½ koppie meel
1 teelepel sout
Meng gesmelte appelkooskonfyt, koeksoda en margarien goed.
Voeg droë bestanddele by en meng goed.
Sous:
2 ½ koppies water
1 ½ koppie suiker
2 teelepels gemmer
Bring tot kookpunt en kook tot suiker gesmelt is.
Skep lepelsvol van die beslag by die sous.
Plaas deksel op en prut 15 minute.
(Moenie die deksel enigsins afhaal nie).
Bedien met room/ideal melk/vla.






