

LIEZEL NANDOS HOENDER
Bestanndele:
1 pak hoender duitjies en boudjies (Star Pack)
1 pak hoender vlerkies
1 bottel Nandos sous van jou keuse (250g)
1 hourtjie room
1 eetlepel gemmer
1 eetlepel knoffel (die spesery)
2 teelepels fyn peper
1 eetlepel asyn
Metode:
Vat ‘n sakkie en gooi die hoender en al die speserye en asyn in. Skud lekker die besigheid dat hulle kan trou. Marineer so halfuur. Sit in die oond vir 20 minute by 200’C. Haal die hoender uit en gooi olie en water af. Gooi nou die sous en room oor en bak vir ‘n halfuur of tot hoender gaar is by 180’C. Bedien saam met chips en ‘n gesmeerde botter bun!
Bron en Foto Liezelvan der Merwe






