

FRANCES SE HOENDERPASTEI
4 x hoender fillette
1 pakkie Puff Pastry
1 groot ui gekerf
1 greenpepper gekap
2 aartappels in blokkies en gaargemaak
Gevriesde gemengde groente na smaak
Pakkie Royco Hawaiian Chicken sauce
Sundried tamaties fyn gesny
Halwe blik baked beans
Sout, hoender spice, swart pepper en kerrie poeier.
Braai uie en greenpepper.
Sny fillets in helfte deur en kook gaar met sout en hoender spice.
Klits hoender fyn met elektriese klitser of maak net goed fyn
Maak pakkie Hawaiian sous aan met 300 ml water.
Gooi groente, baked beans, sous, kerrie, pepper en sundried tamaties in. (Hoeveelhede is eie keuse).
Roer deurmekaar. Gooi nog water in indien mengsel te droog is (dit moenie baie souserig wees nie).
Kook op baie lae hitte vir so 15-20 min., roer gereeld en moenie dat dit aanbrand nie.
Haal van hitte af en laat pot toe staan.
Rol pastry uit papier en laat lê op meel besprinkelde tafel.
Sny in 2 dele in die breedte deur.
Rol elke deel dunner uit en in die vorm van bak wat jy gaan gebruik.
Spuit bak met cook ‘n bake en sit die een deel in bak (gooi vadoek oor die ander deel sodat dit nie uitdroog nie). Met vurk steek gaaitjies in deeg en bak net so vir 10-15 min. Haal uit en skep hoender mengsel daarin.
Maak toe met die ander stuk deeg, smeer geklitste eier oor en bak so 30-35 min.
Oond was op 180°C.
Bron en Foto Frances Smith






