

DOROTHY SE RYSSLAAI
4 gaar koppies rys
1 gerasperde ui
1 blik ertjies, gedreineer (410)
1 blik ingelegde perskes, uit sous en opgesny in klein stukkies
1 groot tamatie, opgesny in klein blokkies
Sous:
1 koppie mayonnaise of meer
½ koppie tamatiesous
5 eetlepels blatjang
2 of meer teelepels sterk kerriepoeier
Meng alles saam en meng in rys mengsel.
Voeg by wat jy dink moet ‘n bietjie meer wees. Soet of suur.
NB:
Ek meng my mayonnaise met kondensmelk.
1 koppie mayonnaise
¼ koppie kondensmelk
Gebruik dit ook vir aartappelslaai so. Geniet!
Bron en foto: Dorothy Vermeulen Van Zyl







geskuif