

DALENE SE ATJAR NOEDELSLAAI
Hiermee die lang verwagte pastaslaai waarvoor jul gewag het. Ek het toe die hoeveelhede presies uitgewerk en hier is hy. Enjoy. Het die resep by my vriendin Dalene gekry.
500 g skroefnoedels
380 g botteltjie gherkins
½ elk rooi, geel en groen soetrissies
250 g botteltjie vegetable atchar
410 g blik chakalaka met sweetcorn
200 g cheddar kaas
1 x 300 ml bottel Ina Paarman’s Honey Mustard of Blue Cheese Dressing
250 g hoender polonie
Kook noedels tot gaar maar ferm. Sny gherkins in ringetjies. Sny soetrissies en kaas op in blokkies. Rasper die polonie. Nou meng jy alles lekker deurmekaar en sit oornag in yskas, dan is hy op sy lekkerste.
Resep en foto: Zelda Pieterse






