BILTONG BROODJIE VIR BROODMASJIEN
Biltong broodjie wat so 1.35 kg weeg…… Russel Hobbs masjien
so jy het n redelikke groot broodpan nodig of as jy masjien het sal hy presies inpas
Water: 650 ml
Botter: 4 eetlepels
Sout : 2.5 teelepels sout
Wit broodmeel : 5 ½ koppies
Suiker : 3 eetlepels
Melkpoeier : 4 eetlepels
Kitsgis: 2 pakkies
2 eiers
1 koppie fyn of gekerfte biltong
Voeg eers al die nat bestanddele saam en dan al die droe bestandele bo op die nat bestanddele sorg net dat die sout en kitsgis “yeast” nie aan mekaar raak tot in met wanneer brood geknie of in ‘n broodmasjien geplaas word nie.
Bak vir so min of meer 45 min toets met ‘n toetspen.
Wanneer jy in die oond gaan bak:
Laat staan die deeg wat geknie is eers vir so 15 min in ‘n plek waar dit so 22 ºC is sodat dit kan rys.
Stel masjien op “quick” die broodmasjien knie mos self so hy vat so 1 uur:15 minute om te bak maar as dit in ‘n oond is so 45 min op 150°C
Resep en foto: Elandre Boeta Renken