THALIA SE VINNIGE RINGDONUTS
50 g botter
30 ml suiker
1 eier
3 koppies bruismeel (ek het koekmeel en 15 ml bakpoeier gebruik)
1 koppies karringmelk (15 ml suurlemoensap in 1 koppie melk. Laat staan 10 min)
1 teelepel vanilla geursel
paar druppels geel koekkleursel
Smelt botter, voeg suiker by en meng. Voeg eier en kleursel by en meng goed. Voeg meel by en knie goed deur.
Op meelbestrooide oppervlak: Rol deeg uit, omtrent 1,5 cm dik. Druk uit en gebruik vanilla geursel proppie om gaatjie in middel uit te druk. Bak in olie op hoë hitte vir 3-4 minute aangesien dit vinnig bak. Kook stroop en doop donuts daarin.
Stroop:
1 koppie suiker
2 koppies kookwater
2 kaneelstokke
2 kardemom peule
Resep: Thalia Botha-Rondganger
2de Foto: Liesel Burger – Wat ek wel gevind het, is moenie donuts in stroop laat lê nie, doop en haal dadelik uit. Anders word dit baie soggy.
1ste foto: Petré Van Jaarsveld – Die deeg was net ‘n bietjie pap. Ek het om en by ‘n koppie meel bygevoeg. Ek het nog nie geproe nie. Sal dit netnou doen. Ek het ook ‘n bietjie heuning oorgesmeer, 100’s & 1000’s oorgestrooi en ‘n bietjie versiersuiker oorgesif.