

PIZZA DEEG GEMAAK MET BIER
1 kg bruismeel
2 blikkies bier
Knippie sout
Meng en rol uit vir pizza’s dit maak ongeveer 7 pizza’s
Dis nie nodig om deeg te laat reis nie. Ons het dit net gemeng en uit gerol in die grootte wat elke persoon wou he. Sit op wat jou hart begeer em bak in die oond vir so 25 minute. Baie lekker resep en die pizza proe glad nie soos deeg nie.
Resep en foto: Francois Champ Lotriet







Benhet Nieuwenhuis
Ons eie home made “biltong en boerie” pizza!!
Deeg is heerlik het hom van die blog gekry
Heerlik! Het deeg aangemaak en toe uitgerol! My topping is tamatie en uie smoor gegeur en gebraai met stukkies wors en mushrooms! Op deeg gesit en toe gekerfde biltong oor en kaas bak 25min