

PEARL SE MAASKAASTERT
Ek koop ‘n tertbodem….of jy kan self een bak…
VULSEL:
500ml maaskaas, vanielje suiker , of net ‘n hint van vanille, dit is maar opsionaal,
250 ml room,
sap van 1 suurlemoen,
gelatine, ek gebruik 10 blaadjies,
maar genoeg om die hoeveelheid te bind…
1 groot blik perskes, in skyfies,
Smeer tert bodem met arbei konfyt, dit voorkom dat die bodem te sag word,
Dreineer perskes
vang die sap op, dit word gebruik om di gelatine te laat op los,maak die sap warm om die gelatine te laat smelt, laat iets afkoel,
meng maaskaas, suurlemoen en vanille suiker saam,
klop room styf en meng die sap met gelatine by maaskaas dan die styf geklopte room,
sit dan die perskes daarby,
gooi alles in tertbak, ek gebruik 26cm een, druk die perskes goed onder en sit indie yskas,
laat staan vir 1 dag mag ook korter…. versier met toefjjies room en aarbeie, ek kry 16 punten uit die tert.
Resep en foto: Pearl Van Der Walt






