

IDEES VIR VIS ANDERS AS DIE GEWONE MEEL
Kotie Brooks
Was die filette of stukke vis en druk droog. Pak in oondvaste skottel, sout en vars gemaalde swartpeper, smeer redelik dik met mayonnaise, strooi ‘n dikkerige laag ontbytvlokkies bo-oor en bak tot gaar en mooi goudbruin Dit is baie lekker.
Ida Bouwer
Plaas die vis in ‘n bak, meng ‘n pakkie wit uiesoppoeier met ‘n houer maaskaas, smeer dit oor die vis en bak vir so 30 min. Heerlik verby.
Rina Kleinhans
Ek pak ‘n lekker dik laag gekapte spinasie onder in die oondbak, dan die “hake medalions” bo op, dan ‘n lekker dik laag gekapte sampioene en laag gerasperde kaas, maak ‘n pakkie sampioen soppoeier aan met 250ml room of dit hang af hoeveel vis jy het, giet oor die gereg en bak in die oond by 180ºC tot die vis gaar en die sous lekker verdik het. Bedien op rys, dit is heerlik.
Foto: Anzette Geel






