

PETRE SE KOFFIE CREMORA KOEK-TERT
Vanoggend sit en koffie drink toe ek op James Gillespie se resep afkom.
Het sy basiese resep gebruik, 4 teelepels koffie met ‘n bietjie kookwater gemeng en bygevoeg.. Die tert kors is wat ek vir my Kaaskoek en Lemon Meringue gebruik.
Kors
1 pakkie mariebeskuitjies
2 eetlepels suiker
1 teelepel fyn kaneel
125 g margarien of botter gesmelt
Maak eerste 3 bestanddele fyn in voedselverwerker, Smelt margarien en voeg mariebeskuitjies by gesmelte margarien. Meng goed. Druk in tertbord of koekpan vas. Bak vir 10 minute @ 180ºC.
Cremora tert.
500 g cremora. (Nie die na gemaakte een nie)
250 ml kook water
2 blikke clover kondensmelk (net clover s’n) plaas in vrieskas 2 ure voordat dit gebruik word.
250 ml suurlemoensap.
Hierby het ek 4 teelepels koffie, aangemaak met bietjie kookwater gevoeg.
Meng goed, skep in tert kors en plaas in die yskas, versier soos verkies
Bron en foto: Petre Van Jaarsveld.






