

MAKLIKE PEPPERMINT CRISP TERT
Bestandele:
1 blikkie gekookte (karamel) kondensmelk
250ml vars room
1 peppermintcrisp 100g
1 pakkie plat koekies (tennisbeskuitjies byvoorbeeld)
Metode:
Plaas laag beskuitjies in tertbak.
Klits room tot baie styf (nog net nie tot botter nie 😉)
Klits vinnig die gekookte (karamel) kondensmelk by tot goed gemengde
Smeer lage oor beskuitjies en rapper dan lagie peppermintcrisp sjokolade oor
Herhaal en eindig met karamelroom lagie.
Rasper bietjie peppermint crisp oor en breek die res in groter stukjes bo oor.
Laat opstyf in koelkas vir 2-3ure.
Bron:Elzetna De Bruin






