ILONA SE INGELEGDE PEPPADEWS
My boom dra die jaar baie goed na 3 jaar se groei en sy oes is pragtig, vir die inlê van die pepperdew gebruik ek die volgende:
250 ml water
250 ml asyn (wit druiwe asyn)
250 ml wit suiker
5 ml sout
Ontpit die pepperdews (gebuik handskoene, die goed het skop met die pitte in) en was baie goed (as jy dit sterker wil hê, los ‘n paar met pitte in).
Kook die mengsel tot kookpunt en gooi die pepperdews in en laat kook so 5 min. Bottel warm.
Hulle proe net soos die gekooptes en is baie goedkoper. Ek gebruik hulle ontrent in alles.
Resep en 1ste foto: Ilona Turner
2de Foto: Ansi Pypers Fourie
geskuif