

HEERLIKE KORTRIB IN ROOIWYNSOUS
1,5kg kortrib in groterige stukke gesny. Verwyder van die vet as jy wil.
1 pakkie spekstukkies
1 E knoffel
1 groot gekapte ui
4 groot wortels in stukke gesny
1 klein pakkie tamatie pasta
500 ml rooiwyn
400 ml beesaftreksel
Sout
Swart peper
Knoffelsout
5 E koekmeel
Olyfolie
Gooi omtrent halwe teelepel sout en knoffelsout asook ‘n bietjie peper by die meel. Rol vleis daarin en skud oortollige meel af. Braai nou in die olie om te seël. As mooi goudbruin gooi vleis in ‘n oondvaste bak. Braai nou die uie en spek in dieselfde pan. Wanneer gaar gooi eetlepel meel by en braai vir n minuut. Roer dan die knoffel en tamatiepasta by en laat braai vir ‘n minuut. Gooi nou die rooiwyn by en kook vir so twee minute. Die mengsel sal begin reduseer. Voeg nou die wortels en vleisaftreksel by plus nog ‘n kwart teelepel swart peper. Meng rooiwyn mengsel met die vleis in die oonvaste bak en bak in die oond vir drie ure teen 170 grade Celsius. Bedien bredie op kapokaartappels. Hemels!
FOTO EN RESEP: Jaquleen Myburg






