

HANNETJIE SE IMMER GEWILDE KERRIEBOONTJIES
4 lb (1,8 kg) groebone, gekerf
2lb ( 900 g) uie, gekap
1 eetlepel sout
Kook tot sag in genoeg water om bone te bedek, gooi water af.
Meng die volgende en voeg by bone en kook deur:
2 koppies wit druiwe asyn
3 koppies wit suiker
Meng dan die volgende mengsel en voeg by:
2 eetlepels matige kerriepoeier
3 eetlepels mielieblom ( effens opgehoop)
1 koppie asyn
Meng goed deur. Kook weer tot redelik dik. (Pasop spat maklik)
Bottel mengsel baie warm in gesteriliseerde flesse.
Resep en foto: Hannetjie Snyman






