

CARIMA SE MALVAPOEDING SONDER ASYN
Resep: Carima Khan
FOOD LOVERS RECIPES
My resep kry geen asyn in nie en is ‘n sukses elke keer.
125 ml suiker
15 ml margarien
15 ml appelkooskonfyt
1 eier
5 ml koeksoda
250 ml melk
250 ml koekmeel
5 ml vanilla geursel
2 ml sout
Sous:
1 blik ideal melk
125 ml suiker
125g rama
5 ml vanilla geursel
Voorverhit die oond tot 180°C.
Klop die suiker en margarien tot romerig, voeg die konfyt by en meng goed.
Meng die koeksoda en melk saam in die suiker mengsel. Voeg die meel, geursel en sout by en meng goed.
Giet die mengsel in ‘n gesmeerde oondvaste bak en bak vir 30 minute.
Maak die sous terwyl die koek bak in die oond.
Verhit die melk, suiker en rama in ‘n pot en kook vir 5 minute saam. Verwyder van die hitte en roer die geursel in.
Giet die kokende mengsel oor die koek sodra dit uit die oond kom.
Sit warm voor saam met vla of roomys.







Hierdie resep is baie maklik om te maak. As jy nie ideal melk het nie, vervang dit met 2 koppies melk en vermeerder die suiker vir die stroop tot 1 koppie. Kook die megsel bietjie Langer om seker te maak dit vorm die regte dikte stroop. Hoop julle geniet die resep