

BOELIEBEEF POFFERTJIES
My persoonlike chef is besig om boeliebief poffertjies te maak en dit was baaaaaaie lekker.
Meng goed saam:
1 blikkie boeliebeef, fyngedruk
1 gerasperde ui
bietjie swart peper na smaak
1 teelepel chillie flakes
1 eetlepel balsamiese asyn
1 eetlepel Worcestersous
Meng saam:
25 ml gesmelte botter
1 eier
75 ml melk
Meng:
250 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
25 ml suiker
sout na smaak
Voeg dan die melk mengsel by die koekmeel mengsel en meng goed.
Voeg nou die mengsel by die boeliebeef mengsel.
Skep eetlepel grootte skeppies en diepbraai in olie.
Plaas op doekpapier om olie te droog.
Foto en resep: Gideon Louw







Geskuif