

BASIESE KOEKIES MET VARIASIES
10 koppies koekmeel
10 teelepels bakpoeier
knippie sout
500 gr margarine
4 koppies suiker
6 eiers
Room botter saam met suiker voeg eiers by roer goed voeg dan droë bestanddele saam in botter mengsel as te styf voeg bietjie water by
Variasies:
Vanilla koekies: voeg 10 ml vanielje by
Vlakoekies: voeg 8 eetlepels vlapoeier by
Spesery koekies : voeg 3 ml naeltjies, 5 ml kaneel, 5 ml neutmuskaaten 5 ml gemengde speserye by
Sjokolade voeg: 10 ml kakao by
Rol in balletjies druk plat met vurk
Hang af hoe dik jou koekies is bak by 180 º C vir 10-12 min of net tot gaar.
BRON : CHRISTA FLEMMING
FOTO: Elsa du Plessis
Blikke vol. Ek het die basiese koekie resep met variasies op die blad gebruik. Kakao, kakao met klapper, vla, koffie en gewone koekies gemaak.







done