

ALBERT SE BOEREKROKETTE VAN OORSKIET MAALVLEISGEREG
As jy enige maalvleis gereg oor het soos herderspastei, is hierdie iets lekker om te maak
Meng alles deurmekaar en meng een of twee eiers daarby in.
Rol dit in ‘n lang worsvorm.en plaas op ‘n skinkbord wat met kleefpapier oorgetrek is in die vrieskas tot gevries.
Sny in kroket grootte stukkies, rol in meel, dan eier en dan krummels en herhaal dit nog een keer.
Plaas die gekrummelde krokette in die yskas vir ten minste ‘n halfuur om dit te laat stol
Braai in diepolie tot goudbruin.
BRON: Albert Buitenhuis
FOTO: Myrtle van Dyk






