

MAGDA EN ANNAMARIE SE CIABATTA BROOD
500 g koekmeel of broodmeel
10 ml sout
10 ml suiker
10 g kitsgis
450 ml sterkwarm water
Sif meel , voeg sout , suiker en gis by (sommer in die Kenwood) meng deur met K-beater en voeg dan die water by , meng goed vir so 5 min , (die deeg is baie slap, kan glad nie met jou hande aan dit werk nie )
Sit op n warm plek en laat vir so 40 min rys tot dubbel die groote
Bespuit n rolkoek pan en sit n lagie bakpapier daarin , strooi met baie meel , stooi ook baie meel op werk oppervlak en keer deeg liggies daarop uit (geen terug knie) vorm nou sagkuns n langwerpige broodvorm en skuif hom oor na jou pan ., stooi meel oor en laat weer 30 min staan om te rys , bak nou in voorverhitte oond teen 220° vir so 30 min.
RESEP AANGEPAS DEUR : Magda van der Merwe
Franci Lemmer Ek gooi 30ml Olyfolie in myne






