

LINDA SE OOP KAAS EN KNOFFEL BROODJIES
Oop knoffel en kaas happies!
knoffel botter
gerasperde kaas
fyngekapte uie
mayonnaise
Meng alles saam, sny “French loaf” in skywe en smeer van die mengsel op elke broodjie
Strooi pietersielie en paprika oor.
Bak in oond op 180°C vir omtrent 10 min afhangende van hoe bruin jy dit wil hê. Dis regtig baie lekker en iets anders as die gewone knoffel of braai broodjies.
Resep en foto: Clive-Linda Cawood-Wilson






