JOHAN SE VETKOEK IN SKAAPVET
Goeiemôre ek het nou egte vetkoek in sagte skaapvet gebak en as jy dit nog nie geëet het nie, het jy nog nie vetkoek geëet nie. Daar is nie ‘n vergelyking te tref met die en die olie gebakte koeke nie, die smaak verskil is net te groot.
4 koppies meel koek of broodmeel
½ pakkie kitsgis
1 eetlepel bruin suiker
2 eetlepels poeiermelk
¾ teelepel sout en ‘n knippie gemmerpoeier
4 eetlepels botter
2 koppies louwarm water
Meng alles goed saam en en knie tot ‘n elastiese deeg laat rys op ‘n warm plek dubbeld die grootte.
Knie af en bak die vetkoek in warm vet, ek het so 1 cm diep vet gebruik.
Ek gebruik dieselfde resep om brood mee te bak.
Die deeg moet net die pan vol rys en word dan teen 180°C in voorafverhitte oond vir 30 – 40 min gebak.
Ek het sommer ‘n broodjie ook gebak het, net 1 koppie meel en bietjie ekstra water vir die 4 vetkoeke bygesit.
Bron en foto: Johan Coetzee