

JEANETTE SE SJOKOLADE MOUSSE
150 g donker sjokolade
3 eiers, geskei
½ koppie suiker
500 ml room
Smelt die sjokolade oor kookwater of in die mikrogolf en laat effens afkoel.
Klits die eiergele en suiker baie goed tot lig van kleur (klits dit oor ‘n bakkie kookwater).
Klits die eierwitte styf. Voeg die sjokolade by die eiergele en meng.
Voeg eierwitte by en roer liggies.
Klits die helfte van die room styf en vou in.
Plaas in yskas.
Klits die oorblywende room styf en skep bo-op net voor opdiening.
(My eie saamgeflansde resep) – Jeanette Martins






