

FRIKKIE SE “PICKLE” UIE
Sny die uie met ‘n mandolin in ewe dik skywe. Skep in gesteriliseerde botteltjie. Voeg suiker na smaak by, afhangend van die bottel se grootte. Sit peperkorrel, naeltjie, sout, chili na smaak by indien verkies. Maak vol met wit balsamiese asyn of wynasyn.
Sit in mikrogolf tot dit net begin kook. Draai deksel op en sit onderstebo in die skottelgoedwasser tot afgekoel. Skakel dan skottelgoedwasser aan dan was dit sommer die bottels af.
Nota: Ek maak baby marrow ook so in. Ek gebruik die uie in slaai en die marrow op burgers.
Resep: Frikkie Jones






