

ERMA SE OORSKIET RYSBOLLETJIES
Just now
More almal. Vanoggend besluit ek om van my oorskietrys bolletjies te maak. Dit is heerlik en so eenvoudig om te maak. Jy kan regtig speel met variasies. My man hou nie van speserye nie daarom beperk ek dit tot die minimum. Ek kook gewoonlik my rys in vleissous dus het dit nie regtig enige ander speserye nodig nie.
Resep
Gaar oorskiet rys – verkieslik oornag in yskas gebere
Halwe ui fyn gekap
Handvol kaas van jou keuse
Meel
Eier
Broodkrummels
Olie vir diep braai
Metode
Meng alles baie goed saam en vorm bolletjies. Plaas terug in yskas vir so +- 20 min.
Rol bolletjies eers in meel dan eier en laaste die krummels.
Plaas terug in yskas terwyl jy gou jou kombuis opruim en ‘n lekker koppie tee of koffie drink.
Verhit die olie tot goed warm
Haal bolletjies uit en doop in die warm olie. Braai tot goudbruin.
Dit is heerlik vinnig en vrek maklik om te maak.






