

CINDY SE GEBAKTE GEMMERPATATS
Resep: Cindy Mossop
FOOD LOVERS RECIPES
1 kg patats
sout na smaak
pakkie gemmerkoekies
klontjies botter
1 koppie bruinsuiker
Kook die patats half gaar in water met bietjie sout.
Skep die patats in ‘n gesmeerde lang tertbak.
Druk die gemmerkoekies fyn. (grof)
Strooi die koekiekrummels oor die patats.
Sit genoeg klontjies botter oor.
Sprinkel die bruinsuiker oor die patats.
Bedek met tinfoelie.
Bak half uur op 180 ºC.
Verwyder foelie en bak 10 min tot goudbruin.






