VINNIGE FALAFEL MET TAHINI DOOPSOUS
Midde Oosterse Kerkerertjie (Chickpea) koekies
2 blikkies kerkerertjies (chickpeas) gedreineer (ek het een kerkerertjies en een gewone ertjies gemeng)
2 fyngemaakte knoffeltoontjies
1 eetlepel fyngekapte vars kruisement
1 eetlepel fyngekapte pietersielie
kwart van ‘n medium grootte ui fyngekap
1 groot geklitste eier
2 eetlepels bruismeel
1 teelepel gemaalde koljander
1 teelepel cumin poeier
1 telepel (of na smaak) chilli vlokkies of een vars chillie, ontpit en fyngekap
sout na smaak
sesame saad
olie om in te braai
Meng al die bestanddele en verwerk dan in ‘n voedselverwerker totdat dit ‘n growwe pasta vorm en plaas in die yskas vir ten minste 30 minute. Vorm kleinerige koekies met jou hande en rol elkeen in sesame saad om te bedek. Braai oor medium hitte in vlak olie vir ongeveer 4 minute aan ‘n kant en bedien met ‘n Tahini Jogurt doopsous
Vir die Tahini Yogurt doopsous
2 eetlepels Tahini
1 koppie plein Jogurt
1 eetlepel fyngekapte kruisement
1 teelepel cayenne peper
Meng al die bestanddele en plaas in die yskas om koud te word.
NOTA: In die oorspronklike resep word word 250g gedroogde kerkerertjies gebruik wat oornag geweek en dan saggekook is. Daar word ook nie meel in die mengsel gebruik nie.
Bron: Adam Cloete (vertaal en aangepas uit die resepte boek Best Ever Budget Recipes)
Foto: Adam Cloete
DONE