

JOEY SE PAASBOLLETJIES
Genoeg vir 16 bolletjies
100 ml louwarm melk
90 ml louwarm water
1 eier
10 g kitsgis
60 ml botter, gesmelt
5 ml sout
85 ml suiker
2.5 ml gemaalde kaneel
Knippie gemaalde neutmuskaat
5 ml lemoenskil
750 ml broodmeel
125 ml rosyntjies
Vir die kruis
50 g koekmeel
15 g versiersuiker
20 ml water
Voorverhit die oond tot 190ºC. Meng die melk, water, eiers, gis en gesmelte botter saam in ‘n klein bakkie. Meng die sout, suiker, kaneel, neutmuskaat, skil en meel in ‘n ander bak.
Voeg die vloeistof stadig by die droë bestanddele terwyl jy dit met ‘n houtlepel meng. Sodra deeg gevorm het,plaas dit op ‘n meelbestrooide oppervlak en knie om die bestanddele deeglik te meng vir sowat 5 minute. Laat rys in ‘n oliebesmeerde bedekte bak vir 30 minute,knie dan die rosyntjies in.
Vorm in 16 bolletjies en plaas dit op ‘n gesmeerde 35 x 25 cm bakplaat, versprei eweredig. Laat staan vir ‘n uur om te rys.
Om kruise te maak, meng die meel, versiersuiker en water saam. Gebruik ‘n versiersak om kruisies op die bolletjies te trek.
Bak vir 25 minute, of tot deurgaar.
Bron: Joey Badenhorst Lotter (Ou Blog)






