DUITSE PASTEIKORS
60 mℓ koekmeel
15 mℓ bakpoeier
15 mℓ botter
15 – 20 mℓ melk
1 eier
Sout
Sif die meel, bakpoeier en sout saam.
Smelt die botter en klits dit dan saam met die eier.
Voeg die melk by.
Roer die bottermengsel by die meelmengsel om ’n dun beslag te maak.
Skep die beslag uit met ’n lepel en gooi dit oor ’n kokende pastei, of bak dit in ’n gesmeerde pan.
As jy dit saam met ’n soet vulsel gebruik kan jy 15 mℓ suiker by die mengsel voeg.