

DENVER SE STAMPMIELIE EN SOUSVLEIS GEREG
As jy nie die stampmielies geweek het deur die nag nie kan jy ook die samp afwas, kook dit vir vyf minute in water genoeg bo die samp. Laat staan dit dan vir ‘n uur. Spoel met skoon water en kook gaar binne ‘n uur.
Moet geen sout by voeg, wag tot laaste as die samp gaar is.
RESEP:
Pakkie Samp/stampmielies
Blokkies gekapte patat/aartappel en gekapte Blokkies wortel.
Sout en Peper
-Kook samp tot net sag, gooi dan gekapte patat en wortel in.
-season net met sout en peper en laat kook tot dit bind, groente weg kook.
– daar sal bietjie sous bo op wees, maar sit net deksel op en laat staan sonder hitte
-roer af en toe, en dit sal nie meer waterig lyk nie.
Lam stukkies
Sopbene
Bietjie sojasous as jy het
Swart en wit pepper en sout
Nutmeg
Bietjie suiker
Enige groente of mixed veg werk goed
-maak pot warm
-braai vetterige stukkies eerste.
-voeg vleis en bene bietjie vir bietjie by en braai in pot
-moenie water gooi, jou vleis moet heeltemal bruin lyk.
-sit n bay leave, rof gekapte wortel en ui in kwarte by.
-moenie water gooi
-geur met sojasous en pepper. Moenie. Haastig wees met sout. Proe eers voor sout gooi. Gooi bietjie suikertjies ook.
-laat die pot so sonder water steam, sit die deksel op.
-as als mooi bruin lyk, gooi ‘n ketel kook water oor tot verby die vleis.
-laat dit sag kook. Gooi gekapte ui by om lekker sous te maak en rasper bietjie nutmeg in.
-hou die pot dop want die water kook weg, en sal n lekker bruin sous maak.
-gooi groente laaste by.
-bedien jou bruin vleis sous oor die samp.
-jy kan afwissel en tamatie stew ook maak met dieselfde vleis.
Moenie lol met ander spices nie, net sout en pepper vir jou samp!!!!!
Nota: Ek maak die samp verskillende maniere soos bv, samp met blokkies patat in, of snipper kool, bruin mushrooms. Wissel dit af. Die groente moet so “insmelt” in die samp.
FOTO EN RESEP: Denver Petersen






