


DEIDRÉ SE MAALVLEIS EN RYS GEREG
400 g maalvleis
½ blikkie ertjies
1 handvol basmati rys
1 gekapte ui
1 pakkie bolognese cook-in poeier
kerrie poeier
3 eiers
⅓ koppie melk
Braai uie, maalvleis, ertjies en basmatie saam in bietjie klapper olie. Voeg pakkie bolognese dry cook-in sous en eetlepel kerrie poeier by met omtrent twee koppies water. Prut tot rys gaar is. Meng dan eiers en melk met nog so teelepel kerrie poeier en giet oor maalvleis mengsel in oondvaste bak. Strooi gerasperde kaas oor. Bak tot eier mengsel gaar is.
Foto en resep: Deidré Venter







Submitted