


CARMARI SE GEBAKTE TILAPIA
1,5 kg visn in sulke ‘skywe’ gesny (talapia)
1 rooi uitjie
Smelt saam in mikrogolf:
2 eetlepels appelkooskonfyt
2 eetlepels egte botter 1 rooi uitjie
Meng by:
2 groot knoffelhuisies, fyn gerasper
± 5 cm vars gemmer, fyn gerasper
1 teelepel mayonnaise
2 eetlepel tamatie paste
swart peper na smaak
1 teelepel cumin
1 teelepel coriander
¾ teelepel fyn nutmeg
2 lourier blare
(Het peppadews ingelê en van die vloeistof het oorgebly-was net asyn, suiker, bietjie water en vars gemmer) net 2 eetlepels van dit bygevoeg
Strooi oondbak met olyfolie. Sout elke stuk vis GOED aan weerskante en rangskik mooi egalig.
Kap die rooi uitjie en sprinkel tussen vis. Smeer nou die vis met die paste-like sousie, lekker baie sous.
Maak toe met foelie en bak so 40 min op stadige, matige hitte.
Na 40 min haal foelie af en bak vir nog 10 min.
Geniet!
Bron: Carmari Fourie Strobos






