


JOHAN SE WITBROOD MET KAAS
Ek sien nou die nuwe gis wat ek gebruik is brood masjien gis dis seker hoekom dit so goed werk
Ek gebruik my brood masjien net om te meng
Probeer gerus hierdie dit is ń wenner
200 ml louwarm water
2 eiers
60ml gesmelte margarien
4 x 250 ml meel (brood of koekmeel of net wat goed werk vir jou)
5 ml sout
5 ml suiker
7 ml masjien gis
125 ml gerasperde cheddar kaas
Gooi water eiers en margarien in masjien se bak en meng so bietjie
Stel masjien op siklus 12 en laat dit meng as masjien klaar gemeng het sit masjien af en laat deeg rys
Wanneer deeg bubbel die grootte knie af met masjien vir so 5 min
Haal nou deeg uit vorm dit mooi en plaas in gesmeerde broodpan en laat dit rys op ń warm plek tot pan amper vol is
Bak nou in vooraf verhitte oond 180 grade tot mooi bruin 30-45 minute
RESEP EN FOTO: JOHAN COETZEE






