

INGELEGTE KERRIE WORTELS
6 groot wortels in ringe gesny
1 ui in ringe gesny
1 rooi of groen soetrissie in ringe gesny
4 eetlepels water
4 eetlepels suiker
2 eetlepels olie
1 teelepel worcestersous
2 teelepels kerrie
Sout en peper
Aangemaakte maizena na smaak
Kook wortels ,uie en soetrissie 15min tot sag.
Kook res van die bestandele vir 3 min en gooi wortels by.
Kook 5 min
Maak sous dikker met maizena.
Bottel en bere in die yskas.
Ek het die sous verdubbel en klein blikkie pynappels bygevoeg (135 g)met die sap.
FOTO EN RESEP: Charmaine Van Staden







geskuif
done
Hoe lank kan hierdie bewaar word nadat dit ingelê is?
Karin die rakleeftyd is maar so lank soos vir enige ander ingelegde groente/vruge 🙂 Baie lank!