



BART SE HOTDOGS MET ‘N VERSKIL
Vandag anner tipe Hotdogs gemaak.
Cheddar, Mozzerela kaas en kaas en uie tjips gemeng.
Sny die boonste korsie van ‘n sny vars brood af.
Rol hom plat met ‘n koekroller.
smeer hom mostert of mayo of wat jy van hou, maar nie tot heel by die korsielose punt nie.
Plaas ‘n warm gemaakte/gebraaide vienna of dun cheesegriller binne in, en rol op.
Seel die las met botter, en smeer sommer die hele buite kant biekie botter.
Rooster oor lae hitte op die vuur, of riffel pan.
Dit gaan eintlik gou, en nie net die kinners smul daar aan nie!
FOTO EN RESEP: Bart Van Wyk






