

SHIRLEY SE CHILLI TAMATIEKONFYT
1 kg tamaties
1 kg suiker
4 eetlepels suurlemoen sap
knippie sout
3 – 5 rissies haal pitte uit as jy die nie warm soek nie
Gooi kookwater oor tamaties laat dit paar minute staan trek velletjies af,sny tamaties in blokkies,op n lae hitte plaat sit tamaties rissies suiker in pot laat die suiker smelt,roer nou en dan dat suiker nie aandbrand nie.
As die suiker gesmelt is, sit plaat redelik vinnig, as dit begin kook haal die skuim wat tamatie maak af, ek het dit so amper ‘n uur laat kook. Ek het eers die stroop getoets, jy skep bietjie stroop in ‘n piering en laat vinnig koud word, as dit nie loop nie is dit reg, as dit nog nie is nie, sit plaat op sy laagste laat dit so prut tot stroop reg is. Bottel en bobs your uncle. VREK lekker op toast.
Nota: die resep maak 2 groot bottels en twee kleintjies soos purity bottels
BRON: Shirley Jr Schlebusch






