

RONEL SE ROOI RYS
Hier is die resep
ROOI RYS
Ek braai uie en sampioene tot bruin.
Dan gooi ek daarby so 2 1/2 koppies rys.
Ek braai dit ook dan totdat rys so deurskynend is.
Dan voeg ek 1 pk tamatie paste by en braai dan verder.
Gooi dan genoeg sout en peper oor en so 2-3 koppies kookwater by
Kook totdat rys gaar is en water verdwyn het. As rys nog nie gaar is nie gooi dan nog kookwater by totdat dit gaar is. Jy kan natuurlik vars pietersielie net voor opdiening byvoeg. En jy kan water vervang met hoender blokkie daarin. Maar maak net seker die sout wat jy ingegooi het is dan nie baie nie.
BRON – Ronel Muller Thoma.






