


PETRE SE KERRIE KOMKOMMERS
10 groot komkommers in ringe gesny en gehalveer
1.5 kg uie in dun halwe ringe gesny
2 rissies opgekap
2 knoffelhuisies fyngekap
5 koppies asyn
1 eetlepel sout
2 eetlepels gemmer
5 teelepels kerriepoeier
2 teelepels borrie
1 teelepel rooipeper
1 pakkie pickling spice
1.5 kg suiker
Kook uie, gekapte rissies en knoffel saam totdat die uie deurskynend is in water… Voeg komkommerstukke by,asook die asyn… kook tot komkommers sag is, maar nogsteeds stewig…. meng die res van die droe bestanddele…. Voeg by, en kook goed deur.. verdik met maizena gemeng met water… Bottel warm…
FOTO EN RESEP: Petré Van Jaarsveld







Geskuif