MACARONI-EN BULLY BEEF GEBAK
500g macaroni
2 groot uie, geskil en gekap
37.5ml koekmeel
500ml melk
2 groot tamaties, geskil en gekap
300g blik soutbeesvleis, losgebreek
25ml vars pietersielie, gekap
50ml sterk blatjang
10ml gemengde, groen, droë kruie sout en peper na smaak
250ml gerasperde cheddarkaas
Kook macaroni soos op pak aangedui, dreineer. Braai die uie in die botter tot gaar. Voeg die meel by en roer, voeg die melk by en roer totdat die mengsel dik word en kook. Voeg al die oorblywende bestanddele by, behalwe die kaas. Bring tot kookpunt, laat prut en roer sodat die mengsel nie brand nie. Meng nou die sous van die macaroni en skep in ‘n oondvaste glasbak wat gesmeer is. Strooi laaste die kaas oor, en bak by 180C vir 20 minute tot gaar. Die resep lewer sowat ses tot agt porsies. Jy kan 4 geklopte eiers inmeng om die porsies tot tien te vermeerder.
Resep geplaas deur Andre Coetzee
Foto: Frances Smith