JOHAN SE MANGO ATCHAR
3.6 kg mango vleis, pitte reeds verwyder (MOET GROEN wees, anders gis die atchar)
3 liter olyf olie/kook olie
30 ml sout
7.5 ml swart peper
50 g pickle speserye
300 ml bruin asyn
60 ml kerrie poeier
90 ml Masala, rooi (Ek gebruik Durban Pride se mango atjar marsala mengsel)
90 ml gekapte rissies
30 ml mosterd saad
10 ml knoffel korrels (korrels nie vlokkies nie) of 10 toontjies knoffel, fyn gekap
Sny die mangoes van die pit af, en in klein stukkies en gooi alles in die olie wanneer die olie begin kook.
OLIE:
Gooi die olie, asyn en die speserye in ‘n pan en verhit todat die olie begin kook.
Gooi nou die mango by en roer totdat dit weer begin kook.
Haal af en laat bietjie afkoel, en skep in bottels terwyl dit nog warm is en maak dig toe.
Maak seker dat die mangoes in die bottels goed onder die olie is.
Laat staan vir 10 – 14 dae.
Bron en foto: Johan Du Preez Snr
Geskuif