

ADAM SE KALKOENBOUDJIES
1 of 2 Porsies
2 medium grootte kalkoenboudjies
2 medium groot uie
1 eetlepel gedroogde Italiaanse kruie
Worchestersous braai speserye
Kap die uie grof op en plaas dit saam met die gevriesde kalkoenboudjies in die stoompot. Voeg die kruie by en strooi dik met die Worchestersous speserye. Voeg ongeveer ‘n halwe koppie water by. Bou die stoom op en laat stoom vir ongeveer 45 minute. Die boudjies is reg wanneer die vleis effens begin wegtrek van die onderste beengedeelte.
Plaas in ‘n oondbak en gooi die sous ook in die bak. Skep van die sous bo-oor die boudjies. Rooster onder ‘n warm rooster vir ‘n paar minute tot die vel begin krisp word.
Bron en foto: Adam Cloete






