



ROOMDEEG VIR SOET- EN SOUT TERTJIES
Resep geplaas deur en foto Cathy Coetzee
2 de foto: Petré Van Jaarsveld
6 koppies koekmeel
1 teelepels sout
5 teelepels bakpoeier
1 klein bakkie room
680 g botter
sodawater of yswater
Rasper botter in droë bestanddele in.
Vryf met vingers in tot dit soos krummels lyk, meng die room by.
Meng verder met yswater of sodawater verkieslik, tot ‘n stewige deeg wat maklik uitrol, moenie pap wees nie.
Gebruik soos verkies
Jam tertjies, groot terte – smeer met eier en melkmengsel voor bak .
Bak teen 180 ºC.
My gunsteling jam tertjie deeg .







geskuif