(Lewer 84 doppie) (Krimp glad nie)
Soetkors:-
4 k meelblom
1 k suiker
1 E vlapoeier
1 t sout
250 g margarine
3 t bakpoeier afgeskraap
2 eiers
Room suiker, botter en eiers. Meng die droë bestanddele met vingerpunte in die bottermengsel. Rol uit tussen twee lae plastiek wat met meel bestrooi is, anders sal die deeg aan die roller vassit. Smeer kolwyntjiepanne, plaas afgedrukte deeg daarin. Prik bodem met vurk. Bak tot ligbruin by 180 grade Celcius vir ongeveer 15 minute. Kan lank in lugdigte houer gebêre word.
Resep en foto: Petré Van Jaarsveld
(Uit:- Watertand Wenners ……. Ten bate van die Bejaardesorgfonds vir personeel van die SA Polisiediens)








