
LORRAINE SE MINI PIZZAS
Ietsie lekkers en vinnig om te maak gedurende die vakansie. Dit gaan so vinnig (3 – 5 minute) dat ek dit letterlik maak terwyl ek wag vir die koffiewater om te kook. Net so lekker saam met ‘n glasie wyn of ‘n koue bier of drankie van jou keuse. Maak dit seker al vir die afgelope 20 jaar. En nogsteeds kan die mense nie glo hoe eenvoudig en maklik dit is nie. Almal vra altyd of mens spekvleis of fyn weenseworsies kan bysit maar dis eintlik onnodig. Dis lekker net so.
Mini Pizzas
410 g blikkie tamatie en uiesmoor
kaas, fyn gerasper
1 teelepel (5 ml) Italian Herb of Oreganum
bietjie knoffiel as jy wil
sout en peper na smaak
Salticrax beskuitjies
Voeg sout, peper en kruie by smoor.
Pak Salticrax op mikrogolfbord.
Skep net 1 teelepelvol smoor op beskuitjie in die middel, moenie Salticrax smeer nie, sodra dit warm word loop dit oor die Salticrax.
Neem ‘n knypie kaas (letterlik tussen wysvinger en duim) en sit bo-op die tamatie mengsel – ook in middel van Salticrax.
Bak vir 1 min (of tot kaas borrel) in mikrogolfoond.
Bedien warm of koud.
Ek pak die Salticrax direk op my mikrogolfoond se bord. Kry lekker klomp daarop.
Jy enige geur gebruik solank dit net SALTICRAX is.
Moet dit ook nie oornag laat staan nie, dan gaan dit pap word. Maar ek kan jou belowe, die kans dat daar in elkgeval gaan oorbly, is maar skraal.
Ek hou altyd ‘n plastiese houer met tamatie-en-uie-smoor in die yskas wat klaar sout en peper en Italian Herbs klaar gemeng is. Ek het ook altyd fyn gerasperde kaas in die yskas. Wanneer daar skielik kuiergaste opdaag, of ons is lus om te peusel maak ons net pakkie Salticrax oop en maak gou ‘n klompie.
As ek kan ‘n wenk gee, ek verkies P&P (handelsmerk) se tamatie-en-uie-smoor. Dis nie so groot stukke nie en ook nie waterig nie.
Bron en foto: Lorreine Weitz Brand







geskuif