

KORSLOSE TUNA-QUICHE
Lekker aandete, min moeite.
45 ml margarien / botter
30 ml koekmeel
250 g cheddar, gerasper
2 blikkies tuna, gedreineer
6 groot eiers
250 ml suurroom
½ ui baie fyn gekap
30 ml vars pietersielie, gekap (opsioneel)
5 ml droë mosterdpoeier
sout en rooipeper na smaak
Voorverhit die oond tot 180 ºC.
Smeer jou tertbord met margarien.
Smelt die margarien / botter in ‘n pan tot gesmelt en soteer die ui tot sag.
Roer die koekmeel by die ui en verwyder van hitte.
Roer kaas en tuna by.
Klits eiers deeglik en voeg suurroom, pietersielie en geurmiddels by.
Roer goed. Voeg roommengsel by tunamengsel en meng deeglik.
Skep in oondvaste tertbord.
Bak ongeveer 35 minute tot goudbruin.
Bedien met heerlike vars groenslaai
FOTO – Engela Olckers






