


IDEES VIR GEROOKTE VARKNEK OF BOUD-GAMMON
Marilize van Jaarsveld
Ek kook myne in lemoensap of pynappelsap, dit kook af tot ‘n heerlike “glaze” ook..
kook jou vleis in net die vrugte sap, genoeg om dit te bedek, 45 min per elke 500 g vleis. Verwyder die vleis, en laat die sap in kastrol stadig oor lae hitte afkook tot dit stroperig begin word. Dit het ‘n rokerige soet-sout smaak en is heerlik oor rys.
Bruce Strachan
Ek het ‘n gerookte eisbein so gaar gemaak in ‘n plat yster pot : 1 groot rooi uie in klein blokkies gesny en in olyfolie gebraai toe sit ek die eisbein in en braai saam vir so +- 45 minute tot hy mooi reg rond om bruin is. Toe voeg ek so halve bottel oom tas cheap rooi wyn in en laat stadig prut vir so uur of wat. Net na ek die wyn in gegooi het het ek een kant ‘n braai vuur aan gesteek, nadat die vleis so uur of wat in die pot was sit ek dit op die braai en smeer dit heeltemal met Honey & mustard sous draai dit heeltyd om seker te maak hy word reg rondom crispy. Dit was yummmmmmmy yum yum yum yum verby.
Lindy Badenhorst
‘ n Goeie gammon kort niks wonder souse nie..Gaan als oor die kooktyd. Hoe laer jou hitte en hoe langer..maak hom sappiger. So teen 160 grade C vir 2ure en hy is doeksag…haal hom uit. Sny die vel af sonder om al die vet weg te sny…criss cross…smeer met mengsel van heuning en molasses. ..druk naeltjies in en bruin in oond op 200 grade C. Voila! Lekkerste gammon ooit!
Lynette Jacobs Wasserman
Ek is ook nie mal oor coke of enige gaskoeldrank nie. Dis net so lekker om dit eenvoudig in water te kook wat ge-‘spice’ is met kaneel, Bay leaves (of suurlemoenblare), peperkorrels, koljandersaad en uie. Dan maak ek ‘n ‘glaze’ met Molasses of maplestroop en growwe mosterd. Die aftreksel kan verdik word vir sous.
Elsa Visser
ek voeg by: half koppie water, half koppie chutney, half koppie olie en 2 eetlepels worchester sous. Bak dit toe in cassarol op 120 grade C.
Foto: Elsabje Templeton
Die varknek het ek vir 5 ure in gemmerbier in prut pot gaargemaak.
Bedien saam met ‘n balsamiese BBQ sousie gemaak.
https://www.foodloversrecipes.com/2018/07/balsamic-bbq-sauce/






