
WENKE VIR ROOM STYF KLITS
Twee teelepels heuning in vars room sal help dat die room lekker dik klop.
Drup lepels geklopte room op waspapier en bevries dit vir daardie koppie koffie later.
Om room styf geklits te kry voeg bietjie kremetart by.
Voeg ‘n bietjie opgeloste gelatien by indien jy sukkel om room styf te klop.
‘n Plaasvervanger vir 250 ml room is 185 ml melk plus 65 ml botter OF 170 ml karringmelk en 80 ml olie.






